Ses Stappe tot die Vreugde van Volbewus-Wees

Current Status
Not Enrolled
Price
R350
Get Started

Kursus inligting

Prys: R350
Skrywer: Dr Mariki Smith 
Die kursusleier is Dr Mariki Smith, ‘n praktiserende sielkundige in Bloemfontein met meer as 25 jaar ervaring as terapeut en as mindfulness, oftewel volbewus-wees, coach.

Hoekom sal jy die kursus wil doen?

In tye van groot verandering en onsekerheid:

  • Wil jy graag die vreugde ontdek van om elke oomblik ten volle ervaar en te leer aanvaar, afgesien daarvan of dit aangenaam of onaangenaam vir jou is?
  • Wil jy graag leer om in te leun tydens stresvolle oomblikke sonder om dit te beskou as ‘sleg vir jou?’
  • Wil jy graag leer hoe jou eie unieke “volbewus-wees” ervaring sal lyk?
  • Wil jy graag jouself weer leer ken, en begin fokus op gesonde self-sorg en self-deernis?
  • Wil jy graag leer om ruimte te gee vir ander in jou lewe sonder veroordeling vir wie hulle is?
  • Wil jy graag leer hoe klein veranderings in jou lewe ‘n groot verskil kan maak ten opsigte van jou fisiese en emosionele gesondheid en veerkragtigheid?
  • Wil jy graag so leer om groot veranderinge waaroor jy miskien geen beheer het nie, te hanteer?

Dan is hierdie kursus vir jou. Dit is spesiaal saamgestel om leiding te gee op jou unieke lewensreis, vol opdraendes en afdraendes. Dit is egter nie ‘n godsdienstige reeks nie. Dit gaan bloot daaroor om volbewus te wees op ‘n sekere manier (alhoewel dit persoonlik ‘n spirituele ervaring vir jou mag wees). Volbewus-wees is gebaseer op ‘n medies wetenskaplike model met soliede navorsing wat oor-en-oor bewys dat gereelde volbewus-wees jou brein ten goede verander. Dit sal die manier verander hoe jy op stres reageer, en jou verhouding met jouself en ander verbeter.

“Hierdie was ‘n wonderlike kursus en het net op die regte tyd my pad gekruis. Ek werk tans as ontvangs en bou baie moeilik al vir die laaste drie jaar aan my praktyk wat net nie op die been wil kom nie. Die werk is nie ‘n goeie werksomgewing nie en ek het hierdie kursus by die kantoor toegepas om my in ‘n beter kopspasie te plaas. Die inhoud is so goed oordink en uiteengesit. Die gedigte en aanhalings het vir my die kursus ‘n pragtige diepte gegee.” –  Berader, Johannesburg

 

Hoe om vreugde te ervaar in mooi, alledaagse en stresvolle oomblikke.

Die kursusmateriaal sluit in:

  • Geskrewe materiaal hier, en om af te laai;
  • Vorms ter ondersteuning van inoefening;
  • Oefeninge;
  • Stemopnames;
  • Hulpbronne vir aflaai en verder soek.
Share the Beautiful